Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS SONDAG 16 APRIL 2017

Goeie môre en welkom by die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag nuus bulletins in Afrikaans sowel as Engels om 08:15 en 08:30 plaaslike tyd onderskeidelik uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Hierdie uitsendings word ook via Echolink herlei deur ZS0JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se web tuiste.

‘n Oudio opname sowel as ‘n teks weergawe kan van die Liga se webblad, www.sarl.org.za, afgelaai word, en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

In die nuus vandag:

DIE SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NASIONALE KONVENSIE OP SATERDAG 6 MEI

STYGENDE RF GERAAS WERKSWINKEL

SDR WERKSWINKEL IN KAAPSTAD

En

BHF NUUS

Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuusitems.

** Die Suid-Afrikaanse Radioliga se Nasionale Konvensie wat die Algemene Jaarvergadering en Toekenningsdinee insluit, vind plaas by Bergvallei in Muldersdrift net noord van Johannesburg op Saterdag 6 Mei 2017. Die geleentheid word aangebied deur die Wes-Rand Amateurradioklub.

As jy die Algemene Jaarvergadering en Toekenningsdinee wil by woon, is dit noodsaaklik dat jy nie later nie as Woensdag 19 April jou plek bespreek. Die koste van die ete is R200 per kop vir SARL-lede en R300 per kop vir nie-lede. As jy die Algemene Jaarvergadering by woon en middagete wil geniet, laat ons teen 19 April weet sodat ons die spyseniers kan adviseer. Middagete kos R65 per kop.

Die gasspreker by die Toekenningsdinee is Mark Comninos medestigter van Marcom Aeronautics and Space Pty Ltd. Hul missie is die ontwikkeling, toetsing en bedryf van 'n gesin van kommersiële satelliet-lanserings voertuie rondom gemeenskaplike kern tegnologie. Mark se aanbieding sal jou inspireer en motiveer.

Om jou plek te verseker, stuur 'n e-pos aan admin@sarl.org.za of skakel Kelley by die SARL kantoor op 011 675 2393 of Geoff Levey, ZS6C op 082 546 5546. Neem asseblief kennis dat jou bespreking nie gewaarborg is totdat jy die volle betaling gemaak het.

Neem kennis dat die amptelike kennisgewing en dokumentasie vir die Algemene Jaarvergadering is al uitgestuur. As jy nie kan bywoon nie, maak asseblief seker dat jy 'n volmag aan iemand gee wie jy vertrou om te stem soos jy sou.

Moenie uitstel nie - bespreek jou plek vandag!

** Twee Suid-Afrikaanse geboude satelliete gaan lanseer word. Die Suid-Afrikaanse satelliet industrie neem nog 'n stap vorentoe as 'n speler in die internasionale ruimte arena met die lansering van twee Suid-Afrikaanse geboude nano-satelliete vanaf Kaap Canaveral in Florida in die VSA.

Die twee CubeSats, 'nSight1' ontwerp en vervaardig deur die Kaapstad-gebaseerde SCS Space, 'n lid van die SCS Aerospace Groep en 'ZA-Aerosat' ontwerp en vervaardig deur CubeSpace van die Universiteit van Stellenbosch, word gelanseer as deel van 'n groep van altesaam 28 CubeSats vanuit 23 verskillende lande

Die lansering is beplan vir 18 April 2017 om 17:11 Suid-Afrikaanse tyd. Hul aanvanklike bestemming is die Internasionale Ruimtestasie (ISS), waar hulle deur die ISS bemanning afgelaai sal word met die hulp van die robot arms. Die satelliete sal uiteindelik ontplooi word in 'n lae-aarde wentelbaan oor 'n tydperk van 30 tot 60 dae as die ISS om die Aarde wentel.

Beide die Suid-Afrikaanse satelliete is deel van die QB50 projek befonds deur die Europese Unie en bestuur deur die von Karman Institute om navorsing te doen in die laer termosfeer tussen 200 tot 380 km hoog. Die data versameling van hierdie eksperiment oor 'n tydperk van 18 maande sal gebruik word om die huidige atmosferiese modelle veral van toepassing op die terugkeer trajekte van ruimtetuig aan te vul. Alle CubeSats sal uiteindelik uit brand aan die einde van hul operasionele leeftyd.

Al die CubeSats in die QB50 projek sal hoofsaaklik werk op frekwensies in die 2 m en 70 cm amateur bande. Ten einde inmenging te vermy met aardse amateur radio aktiwiteit, is die frekwensie gekoördineer deur die IARU Satelliet adviseur en sy adviespaneel.

** Die halfdag werkswinkel om die stygende RF geraas vloer te bespreek sal op Saterdag 22 April by die Suid Afrikaanse Radio Sentrum gehou word.’n Gekoördineerde program te ontwikkel en 'n studiegroep te stig met die doel van 'n moniteringstelsel om meer inligting in te samel, terwyl dit ook versagting metodes oorweeg vir mens gemaakte geraas op amateur radio frekwensies.

Dit sal 'n oop vergadering wees en almal wat 'n belang in die onderwerp het, word uitgenooi om dit by te woon. As jy 'n spesiale belangstelling, kundigheid of ondervinding in hierdie veld het, kan jy deelneem aan hierdie werkswinkel. Vir meer besonderhede, stuur ʼn e-pos aan sarlregwg@sarl.org.za met jou kontak besonderhede. Registreer nou, die vorm is beskikbaar vir aflaai op www.sarl.org.za.


**‘n Groot opkoms word verwag vir die AMSAT SA SDR Werkswinkel in Kaapstad. As jy nog nie bespreek het vir die AMSAT SA SDR Werkswinkel wat gehou word by die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie op Saterdag 22 April 2017, is daar nog tyd om dit te doen. Die sluitingsdatum is Donderdag 20 April. Die volledige program en inskrywingsvorm is beskikbaar op www.amasatsa.org.za.

Die program sluit aanbiedings oor "Wat is sagteware gedefinieerde radio", GNU Radio sagteware platform vir die ontwikkeling van SDR, satelliet grond stasie met behulp van SDR, die gebruik van 'n RTL Dongle en die SA Groot Teleskoop.

Jy luister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga.

** Die groot meteoriete seisoen begin. Die Lyriede meteoriete verskyn tussen 16 April en 25 April van elke jaar en pieke rondom 22 April met 'n sigbare spoor koers van 18 per uur. Radio bars uit van die groter spore is langer en sterker en kan analoog kommunikasie soos ESB, FM of selfs 'n vinnige gelykgolf ondersteun. 'n Groot meteoriet stort sal aktief wees byna elke maand van nou af tot begin van Januarie volgende jaar. Digitale kommunikasie is moontlik daagliks omdat daar 88 groot en klein storte versprei is oor die jaar. So probeer dit.

** Kort opening na Reunion-eiland. Hugo van Zyl, ZS5HV, by Scottburgh sê dat Lee, ZS5LEE, in Durban berig van 'n opening na Reunion-eiland tussen 05:38 en 11:06 SAT op die oggend van 5 April 2017. Philippe Mondon, FR5DN, het sy OPERA baken getoets. Ongelukkig het hulle hierdie opening gemis en eers die aand besef. Daar is berig dat die seine op OPERA tussen -17 dB en -21 dB was. OPERA klink soos gelykgolf, geen tydsberekening akkuraatheid is nodig nie en verslae word aangestuur na PSKreporter. Info: OPERA is minder stresvol op die baken, maar is 'n bietjie minder sensitief as JT65. Uitsending is ongeveer 30 sekondes met verstelbare tydperke tussenin.

** Sommige foute het ingesluip in die uitslae van die BHF/UHF kompetisie. Die volgende moes die korrekte uitslae gewees het.

Basis stasie Onbeperk - Analoog en digitale
1ste Dick Coates, ZS6BUN - 95 996 punte
2de Jacques Louw, ZS4WW - 37 534 punte
3de Harry Holtzhausen, ZR6AMC - 9 861 punte

Base stasie Beperk – Analoog alleenlik
1ste Carl Minne, ZS6CBQ - 132 003 punte
2de Pierre Lindeque, ZS4PF - 33 693 punte
3de Hennie Rheeder, ZS6ALN – 1 800 punte

** Die Pretoria Amateur Radio Klub hou hul volgende Snuffelmark op Saterdag 29 April 2017, by hul gebruiklike plek by Pretoria Ou Motor Klub, in Keuning Straat, Silverton. Die begin tyd is 10:00 en die hekke sal om 09:30 vir verkopers open. Ons bekende boerewors rolle en drankies sal beskikbaar wees. Kom en geniet die oggend saam met ons. Vir verdere inligting of om 'n tafel te bespreek, kontak Almero du Pisani op 083 938 8955 of stuur 'n epos aan almero@up.ac.za


** RAE Registrasiedatum 21 April. Daar is nog 'n hele paar RAE kandidate wat nie hul RAE registrasie gefinaliseer het nie. As gevolg van die registrasie sluitingsdatum wat tydens die Paasnaweek val, is daar besluit om die registrasie sluitingsdatum te verleng tot Vrydag 21 April. Geen laat registrasies sal aanvaar word na hierdie datum nie.

** Korrigeer jou e-pos adres. Kelly by die NARS vra dat SARL Lede sal kyk en hul e-pos adres op te dateer. Kelly kry sowat 55 wip e-posse elke keer as 'n SARL Kommunikasie uitgestuur word. Gaan na jou roepsein boek inskrywing en korrigeer jou e-pos adres vandag nog.

**AWA Buis QSO Geselligheid satums verander. As gevolg van die SARL Algemene Vergadering wat op 6 May gehou word, is daar besluit om die AWA se QSO geselligheid uit te stel tot 13 en 14 Mei. Saterdag 13 Mei sal die gelykgolf afdeling plaasvind en op Sondag 14 Mei die ESB afdeling. Al die reëls soos in die SARL Blou Boek bly van toepassing.

** Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan wees. Die sigbare sonvlek is relatief stabiel met slegs 'n geringe kans vir C-klas sonfakkels.

Diegene wat hulle eie frekwensie voorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van ongeveer 10 vir die week gebruik.

Amateurs kan goeie openinge op die 15 tot 30m bande verwag. Met die dag-nag-ewening se effek nog ter sprake, gaan die 10m ook gedurende die dag verrassings oplewer.

Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

** Kom ons loer nou na gebeure vir die volgende paar weke:

18 April – Wêreld Amateurradio Dag
21 April - sluitingsdatum vir RAE registrasie
22 April - SDR Werkswinkel in die Kaap en die SARL Geraasvloer Werkswinkel by
die NARS
23 April – ZS4 Naelloop
29 April – PARC snuffelmark.
6 Mei – SARL AJV
13 en14 Mei – AWA Buis QSO Geselligheid

Om die bulletin mee af te sluit, ‘n opsomming van ons hoofberig:

Die Suid-Afrikaanse Radioliga se Nasionale Konvensie wat die Algemene Jaarvergadering en Toekenningsdinee insluit, vind plaas by Bergvallei in Muldersdrift net noord van Johannesburg op Saterdag 6 Mei 2017. Die geleentheid word aangebied deur die Wes-Rand Amateurradioklub.

Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.

Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuusbrokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuusberigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 plaaslike tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 plaaslike tyd met n verandering in frekwensie vanaf Maandag 27 Maart op 3 230 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou seinrapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateur frekwensies.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Andy Cairns, ZS6ADY, geredigeer deur Vivian Dold, ZS6VD, en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse Nuusspan groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003